Thursday 24 April 2014

Roomyskoek

Roomyskoek
Hierdie resep is vir ons op ‘n plaas in Prieska se wêreld gemaak deur boervrou, Rina Coetzee.
Onthou jy kan die eiergele gebruik om roomys of vla te maak.

9 eierwitte
½ k suiker
600ml room
½ t vaniljie or rum geursel
¼ k verglansde vrugte
¼ k verglansde kersies
½ k grofgekapte neute van jou keuse
1 karamel rolkoek, in snye gesny
¼-½ k sjerrie
200g donker sjokolade
½ k kondensmelk*
½ k grofgekapte neute, vir versiering (optioneel)

Klits die eierwitte styf met ‘n kwart koppie suiker en klits die room styf met die orige suiker. Roer die geursel deur. Vou die eierwit- en roommengsel saam. Roer die verglansde vrugte en die neute by.
Voer ‘n lekker groot gesmeerde bak met met rolkoek skywe en sprinkel met die sjerrie. Skep die roommengsel in, bedek met plastiek en vries.
Net voor jy dit wil bedien, keer uit op ‘n mooi bord. Smelt die sjokolade in ‘n dubbelkoker en roer die kondensmelk by. Sprinkel oor die roomyskoek saam met die orige neute.

*Vir ‘n minder soet weergawe vervang die kondensmelk met 125g botter en 50 ml melk