Thursday 17 April 2014

Paasfees idee sonder sjokolade

Ons het hierdie oulike prentjie raakgeloop op "neat2eat".  Baie oulike idee vir kinders wat nie 'n oorvloed sjokolade oor Paasfees nodig het nie.  Dalk ook 'n oulike idee vir diabete oor Paasfees.

Koop lee plastiek paasfees eiertjies by die goedkoop winkels en vul hul met alles wat lekker is om te eet / peusel. 
Druiwekorrels, kasies, neute, rosyntjies..... enige iets.  Die kinders kan die eiertjies in die tuin of huis soek en agterna elkeen met sy pakkie piekniek hou.