Thursday 17 April 2014

Kindertyd is spesiaal


'n Briefie aan Mammas en Pappas van kleine kindertjies:

Mamma / Pappa ek is nog klein en elke dingetjie wat gebeur is nog vir my iets nuut en ietsie spesiaal.  Seblief maak hierdie Paasfees ook pret en laat die Paashaas vir my ook paaseiers wegsteek.  Dit hoef nie baie moeite te wees nie.  Een eiertjie agter die bank se kussing.....  een eiertjie onder die plant se blaar.  Ek belowe om elke oomblik te geniet en ons kan mooi fototjies neem.  Dan eendag as ek groot is, kan ons saam kyk na die mooi fotos en herinneringe.  Dankie Mamma en Pappa.  Baie liefde. xxxx 
Oeps en moenie vergeet om vir my die storie te vertel van toe Jesus gekruisig was en weer opgestaan het nie.  Dis 'n baie spesiale boodskappie dat hy ook vir my en ons almal omgee.....sommer baie baie.