Monday 7 April 2014

Melk Ysies




Madeleine Engelbrecht Ek vat pienk/chocolate Nesquick en maak aan soos jy gewone pienk/choccie melk sal maak. Gooi n lekker groot scoop vanilla roomys by - maak soos milkshake in blender. Gooi in ysie vormpies en vries


Deidre van der Walt
1k strawberry yogurt
1/2 k melk

1/2 k strawberry vrugte sap

Meng en giet in houer. Kan strooitjies gebruik as stokkies


Marlene Engelbrecht Farinha
Melk Ysies
1 Liter Melk

8-10 teelepels nesquik, geur van jou keuse
250 ml room

Gooi in 'n houer met deksel wat lekker seel, Skud goed en giet in vrieshouertjies. Plaas in vrieskas om te vries.


Mienkie Fourie
Ons het nou di naweek vrugte ysies gemaak. 1 mango, 1 ryp piesang, so 2 tot 3 eetlepels heuning, en n klein bakkie vanilje yogurt. Maak als fyn met blender.


Ina Stumke
Maklike resep al 100x vir die kleinkinders gemaak Melk ysies 1liter Melk 1pakkie Instant Pudding van jou keuse 1teelepel suiker METODE- Klits alles goed saam Gooi in klein plastiese sakkies sit in vrieskas tot hard