Tuesday 8 April 2014

Maak jou eie piekelgemmer só




Maak jou eie piekelgemmer só

• Skil twee groot stukke gemmerwortel. Sny dit in mediumgrootte stukkies en strooi sout oor. Laat staan vir 30 minute, spoel af en pak dit in ’n glasfles.
• Verhit 250 ml ryswynasyn en 90 ml suiker tot die suiker opgelos het en gooi dan die mengsel oor die gemmer in die fles.
• Laat dit afkoel en hou dit vir ’n week in die yskas tot die gemmer pienk word.
• Sny dit in dun skyfies en hou dit in die yskas tot benodig