Wednesday 9 April 2014

Fabelagtige sjokolade-en-soutkaramel-laagkoek




Fabelagtige sjokolade-en-soutkaramel-laagkoek

Maak: 1 x 20 cm-koek met vier lae
Bereidingstyd
: 1 uur, plus afkoeltyd
Baktyd:
50-60 minute
Oondtemperatuur:
160 °C
Koek
• 400 g (435 ml) ongesoute botter
• 400 g donkersjokolade (verkieslik met 72% kakao)
• 50 ml warm, sterk koffie
• 400 g (735 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 5 ml koeksoda
• 580 g (670 ml) demerara-suiker
• 6 groot eiers
• 350 ml karringmelk
• 10 ml vanieljegeursel

Vulsel
• 250 g (285 g) strooisuiker
• 200 ml room
• 5 ml Maldon-soutvlokkies
• 5 ml vanieljegeursel
• 300 g (325 ml) botter
• 450 g (865 ml) versiersuiker, gesif
Versiering
• Rolkem Super Gold Dust-kleurpoeier (te kry by goeie bakwinkels)
• 1 blik baba-appeltjies, gedreineer
• sjokoladetruffels
• sjokolade-moutbolletjies
1 Smeer en voer vier ronde koekpanne van 20 cm in deursnee. Sit die botter en sjokolade in ’n glasbak en roer dit oor ’n pot water wat liggies kook tot dit gesmelt het (die bodem van die glasbak moenie aan die water raak nie). Voeg die warm koffie by en roer dit deur.
Chocolate cake Step 1
2 Sif die meel, bakpoeier en koeksoda in ’n mengbak. Roer die suiker daarby in. Voeg die eiers, karringmelk en vanielje by en klits dit vir twee minute met ’n elektriese klitser op hoog. Giet die sjokolademengsel by en meng dit goed deur. Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak dit vir 50 minute tot ’n uur tot ’n toetspen skoon uitkom.

3 Vulsel Maak die vulsel terwyl die koeke bak. Verhit die suiker en 100 ml water in ’n kastrolletjie. Laat dit prut sonder om dit te roer tot die mengsel ’n goue karamelkleur kry. Haal die kastrol van die plaat af, voeg dadelik die room by en roer dit tot dit glad is. Roer die sout en vanielje by en sit dit eenkant om heeltemal af te koel.

4 Klits die botter en versiersuiker vir omtrent vyf minute saam tot dit lig is. Hou aan met klits en voeg ’n derde van die afgekoelde soutkaramelmengsel by. Klits dit goed.

5 Sny die bokant van die koeke gelyk wanneer dit heeltemal afgekoel het. Smeer ’n kwart van die botterversiersel op een van die lae. Drup ’n bietjie van die orige soutkaramel bo-oor. Sit die volgende laag bo-op en herhaal die proses. Eindig met die botterversiersel.

6 Versiering Gebruik ’n dun kwassie om die goue poeier op die appels en ’n paar sjokolades te verf. Pak dit bo-op die koek. (Die goue poeier sal in die versiersel loop, maar dit maak die koek net meer dramaties.) Drup die laaste soutkaramel oor net voordat jy die koek voorsit.

(Idees)