Lourens de Lange
SAMPIOENROOMSOP
300 g vars sampioene (1 pakkie)
55 g botter of margarien (60 ml)
25 g koekmeelblom (50 ml) ...
500 ml warm hoenderaftreksel
250 ml melk
30 ml suurlemoensap
sout en peper
125 ml dik room
30 ml pietersielie, gekap
300 g vars sampioene (1 pakkie)
55 g botter of margarien (60 ml)
25 g koekmeelblom (50 ml) ...
500 ml warm hoenderaftreksel
250 ml melk
30 ml suurlemoensap
sout en peper
125 ml dik room
30 ml pietersielie, gekap
METODE:
1. Was die sampioene, vee dit met kombuispapier af en kap dit fyn. Hou dit eenkant.
2. Smelt die botter of margarien, haal dit van die plaat af en roer die koekmeelblom by. Meng dit tot glad.
3. Roer die hoenderaftreksel geleidelik by, plaas dit terug op die plaat en roer dit aanhoudend totdat dit kook.
4. Voeg die sampioene, melk en suurlemoensap by en roer dit oor matige hitte totdat dit weer kook. Laat prut dit dan 5 minute lank.
5. Versap die sop in `n voedselverwerker, of vryf dit deur `n sif.
6. Geur dit met sout en peper na smaak.
7. Herverhit die sop tot deurwarm en roer die room en pietersielie net voor bediening
by.