Monday 3 March 2014

Piesangbrood




Esme Hitge Burger

Piesangbrood (Kook en geniet)
125 ml botter of margarien
250 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
2 eiers
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier

2,5 ml sout
4 tot 6 piesangs

1. Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer 'n klein broodpannetjie goed
2. Klits botter en suiker tot romerig en voeg vanieljegeursel by
3. Voeg eiers een-eeb by en klits goed na elke byvoeging
4. Sif droe bestanddele saam en voeg by eiermengsel
5. Maak piessangs met 'n vurk fyn en voeg dit laaste by
6. Meng alles goed saam en voeg dit in 'n pannetjie
7. Bak 'n uur lank
8. Sny en smeer met botter

WENKE
* Die broodjie is geuriger as dit eers 'n paar dae lank in 'n blik gehou word.
* Volkoringmeel pleks van koekmeel kan ook gebruik word.