Monday 3 March 2014

Korslose Melktert

Carmelita Oosthuizen

Korslose Melktert

45ml (3 eetlepels) gesmelte botter
3 eiers geskei
250ml (1 koppie) suiker
250ml (1 koppie) koekmeelblom
5ml (1teelepel) bakpoeier
1ml (1/4 teelepel) sout
5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
1 liter (4 koppies) melk
Kaneelsuiker


- Voorverhit die oond tot 190C (375F)
- Klits botter,eiergele en suiker goed saam
- Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
- Meng melk en geursel
- Voeg bietjie meel mengsel om die beurt met melk mengsel
- Meng goed na elke byvoeging
- Klits eierwitte styf en vou in mengsel
- Skep in 'n diep, gesmeerde tertbord en strooi kaneelsuiker oor
- Steek dadelik in die oond en bak 40 min of tot gestol. Verminder hitte na eerste 25 min tot 160C (325F). Sit warm of koud voor.