Tuesday 4 March 2014

Melkterpannekoek




Melkterpannekoek
deur Aletta Lintvelt – uit die boek Weg! Naweekkos.
Jy kan rondspeel met geure vir jou vulsel. Dink sjokoladesmeer en geklopte room of vrugte!
(Bedien ongeveer 20 mense, so pas aan soos nodig).
Bestandele:
35 pannekoeke*
5 e koekmeel
5 e mielieblom
1½ k suiker
6 eiers
8 k melk
1 kaneelstokkie 
1 e vanieljegeursel
4 e botter
Metode:
Klits die meelblom, mielieblom, suiker en eiers saam en hou eenkant. Verhit die melk en kaneel in ‘n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby. Bring dit tot kookpunt, verminder dan hitte sodat die mengsel prut. Roer gereeld tot dit verdik en voeg dan die vanieljegeursel en botter by. 
Sit die ‘koek’ aanmekaar deur 2 eetlepels van die vlamengsel op ‘n pannekoek te smeer en dan nog ‘n pannekoek bo-op te sit. Gaan voort tot die pannekoeke en beslag op is. Versier die koek met appelskywe wat in botter en heuning gebraai is. Anders rond af met nog van die melktertmengsel wat liggies met fyn kaneel bestrooi is.
*Om 35 pannekoeke te maak. Meng 4k koekmeel, 1t bakpoeier, 1t sout met 1k water tot glad en sonder klonte. Roer nog 4k water, 4 eiers en 4e asyn by. Die mengsel kan dadelik gebruik word of oornag staan. Maak jou pannekoeke soos altyd.