Tuesday 4 March 2014

Kaas en Sampioen Souttert





Lourens de Lange
Kaas en Sampioen Souttert

Bestanddele:

30 ml (2 e) Kookolie...
125 g Swoerdlose streep spekvleis, gekap
1 Medium ui, grof gekap
2 Selderystingels, grof gekap
125 g Knopiesampioene, skywe gesny
5 ml (1 t) Mosterdpoeier
30 ml (2 e) Gekapte, vars gemengde kruie
250 ml (1 k) Gerasperde cheddarkaas
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
2 Ekstra groot eiers
300 ml Melk
60 ml (¼ k) Koekmeelblom

Metode:

Verhit helfte van die olie in ’n pan.
Voeg die spekvleis by en braai liggies.
Voeg die ui en seldery by en braai vir 2 minute tot sag.
Voeg die sampioene by en braai liggies verder. Verwyder van hitte.
Voeg die mosterdpoeier, kruie, kaas en geurmiddels by en skep die mengsel in ’n gesmeerde, oond vaste bak van omtrent 23 cm in deursnee.
Klits eiers, melk en meel saam en giet oor die mengsel. Meng effens in die bak.
Bak vir omtrent 30 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C of tot goudbruin en geset.