Thursday 6 March 2014

Boere Melktert




Naomi le Roux

Boere Melktert

2 k koekmeel (500 ml)
2 t bakpoeier (10 ml)
½ k bak margarien (125 g)...
2 eiers
½ k suiker (125 ml)
5 ml vanielje geursel
sout
Bietjie melk -of water vir aanmaak... as nodig.

Metode:
Meng al die bestanddele tot deeg, rol uit en sit in tertbak
(Ek het dit sommer in die tertbak met my vingers ingedruk en teen die kante op gedruk.
WENK: Die deeg is te veel vir die tertpan op die foto. Ek het die deeg net 1½ maal aangemaak. 1½ k koekmeel ; 7.5 ml bakpoeier ; 94 g margarien ; 1 eier ; 94 ml suiker ; 4 ml vanieljegeursel ; en sout.

Vulsel:
4 k melk (1 L)
12.5 ml kook margarien (Stork bake)
6 e suiker (90 ml)
3 eiers, geskei
3 e koekmeel (45 ml)
sout
3 e mielieblom (45 ml)

WENK: Ek het die vulsel 1½ maal aangemaak vir die groot bakpan van 2 liter.
6 k melk ; 18.75 ml kook margarien ; 135 ml suiker ; 5 eiers, geskei ; 67.5 ml koekmeel ; sout en 67.5 ml mielieblom (Maizina)

Metode:
Kook die helfte van die suiker en 3 k melk en sit die margarien by. Meng die res van die melk met die droë bestanddele en die eiergele. Klits goed tot glad.
Roer die eiermengsel in die melk en kook oor matige hitte tot gaar. Pasop vir brand.
Klits die eiewitte styf, verwyder die pot van die stoof en vou die eierwitte met 'n metaallepel by die melkpap in. Skep die beslag in jou kors... strooi kaneel oor en bak dit vir 25 minute @ 180°C op die middelste oondrak.
(Granate kom van ons granaatboom.)