Thursday 6 March 2014

AARTAPPEL , KAAS EN SPEKSOP




Lourens de Lange
AARTAPPEL , KAAS EN SPEKSOP

6 groot aartappels of 8 meduim aartappels geskil en opgesny
1 pakkie wituie soppoeier
250 ml vars room...
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 E gekapte vars pietersielie of gedroogde pietersielie
250 gr spek
Sout en peper na smaak

Bedek aartappels met water, voeg sout by en kook sag
Sny die spek op en braai tot bros maar nie droog.Hou eenkant
Sodra aartapels sag is maak dit fyn in voedselverwerker. Hou water wat aartappels in gekook is.
Skep fyn aartappels terug in water en meng soppoeier met 1 K water.
Roer by aartappels en voeg 1 K kaas by,hou res van kaas eenkant Voeg nou res van bestandele by asook die spek en voeg genoeg water by indien nodig .die sop moet nie dun wees nie maar dik
Geur met sout indien nodig en peper
Roer oor lae hitte vir 10 min Indien nodig voeg nog water by.
Gooi van die gerasperde kaas onder in sopkommetjies en skep sop bo op Bedien saam met brood,broodrolletjie of vetkoek.