Thursday 13 February 2014

Waatlemoenvoorgereg



Waatlemoenvoorgereg

Bestanddele: ...
Halwe waatlemoen, opgesny in driehoek skywe
Handvol swart olywe
Handvol vars coriander blare, vir garnering
Fetakaas, gekrummel
2 eetlepels heuning

2 eetlepels balsamiese asyn
2 eetlepels mosterd

Metode:
1. Meng die heuning, asyn en mosterd saam om ‘n sousie te maak.
2. Pak die waatlemoen skywe op ‘n bord en sprinkel die olywe, fetakaas en coriander oor.
3. Gooi die sous oor net voor bediening.