Elna Van Der Merwe se resep:
Crunchies - Hawermout Koekies
4 kp Hawermout
2 kp Suiker
2 kp Klapper
2 kp Koekmeel
2 tl Koeksoda
2 Eetl Stroop
2 Eetl Water
250 gr Margarien
Knippie sout
Meng hawermout, suiker, meel en klapper in n bak. Smelt die margarine met die stroop en voeg koeksoda met 2 eetlepes water daarby . Gooi by droë bestandele. Ek gooi als in n oondpan en druk dit plat met my hande om dit saam te pers om te klou.
Bak in matige oond vir half uur by 180 Grade C of tot goudbruin. Toets met toetspennetjie. Hoop hierdie proe darem naastenby na die wat jy altyd moes koop het.
NB: my ma se reseppie lees nog halwe pond margarine – so pas margarine aan as dit wat ek bo het nie reg is nie asb
Rosemary Fielies
Ek koop graag Snowflakes se treats premix. Jy voeg net botter,eier,water en gouestroop by!!!!
Naomi le Roux
OUMA SE KLAPPER EN HAWERMOUT-KOEKIES
375 ml suiker
125 g botter
30 ml goue stroop
500 ml hawermout (oats)
500 ml klapper
250 ml koekmeel
Knypie sout
1 eier geklits
10 ml koeksoda
Metode:
Voorverhit oond tot 180ºC
Smeer ‘n vlak koekiepan van so 30x40 mm baie goed met botter of margarine
Smelt suiker, botter en stroop in ‘n groot kastrol oor lae hitte
Meng die hawermout, klapper, koekmeel en sout in ‘n ander bak terwyl die suiker smelt
Laat die suikermengsel effens afkoel
Roer die eiers en koeksoda vinnig by
Voeg meelmengsel by as koeksoda effens begin skuim en meng goed deur
Druk die beslag met ‘n spaan in die voorbereide pan vas
Bak vir 20 min of tot goudbruin.
Sny in blokkies terwyl dit nog warm is
Lewer 4 dosyn koekies.
375 ml suiker
125 g botter
30 ml goue stroop
500 ml hawermout (oats)
500 ml klapper
250 ml koekmeel
Knypie sout
1 eier geklits
10 ml koeksoda
Metode:
Voorverhit oond tot 180ºC
Smeer ‘n vlak koekiepan van so 30x40 mm baie goed met botter of margarine
Smelt suiker, botter en stroop in ‘n groot kastrol oor lae hitte
Meng die hawermout, klapper, koekmeel en sout in ‘n ander bak terwyl die suiker smelt
Laat die suikermengsel effens afkoel
Roer die eiers en koeksoda vinnig by
Voeg meelmengsel by as koeksoda effens begin skuim en meng goed deur
Druk die beslag met ‘n spaan in die voorbereide pan vas
Bak vir 20 min of tot goudbruin.
Sny in blokkies terwyl dit nog warm is
Lewer 4 dosyn koekies.
Helena Uys
Dit is my geliefkoosde resep, ek bak dit 15 minute by 180 grade C, sit die oond af en hou dit nog 15minute in die oond dan is dit lekker bros. As mens bietjie minder margarine insit is die koekies nie so vetterig nie.Ek maak die droe bestanddele klam met bietjie melk as nodig. Mens kan ook 1k muesli insit en die hawermout met 1k verminder. Meer stroop laat dit lekker na karamel proe
HAWERMOUT BLOKKIES MET SUURLEMOEN BOLAAG Bestanddele: 875ml hawermout, 250ml klapper, 25.ml sag bruinsuiker, 75ml koekmeel, knyp sout, 60ml gouestroop, 125g botter, 1 xgroot geklits eier. Bolaag: 500ml versiersuiker, 45ml botter, 15ml gouestroop, 30ml suurlemoensap, 5ml gerasper suurlemoenskil. Metode: Meng hawermout, klapper, suiker, meel en sout. Smelt botter en stroop en koel af. Roer eier by. Roer by hawermout tot gemeng. Druk in bakplaat van 20 x 30cm wat uitgevoer is met bakpapier. Bak 25min by 180. Koel af in bakplaat. Keer uit en trek papier af. Versiersel word op die kant gesmeer waar die papier afgetrek word. Sif versiersuiker. Smelt botter en stroop en roer by. Roer sap en skil by. Meng goed en smeer oor. Sny in 4 x 4cm blokke. Lewer so 30 blokke.
Sjokolade-hawermoutblokkies
RESEP LEWER: 32 BLOKKIES
PORSIEGROOTTE: 1 BLOKKIE
◾500 ml (180 g) rou hawermout
◾250 ml (120 g) koekmeel
◾250 ml (38 g) spysverteringsemels (digestive bran)
◾125 ml (50 g) droë klapper
◾50 ml (20 g) kakaopoeier
◾5 ml bakpoeier
◾175 ml (140 g) suiker
◾100 g sagte margarien
◾60 ml (75 g) suiwer heuning
◾100 ml ongegeurde vetvrye jogurt
◾1 groot eier
◾5 ml vanieljegeursel
◾5 ml koeksoda
Versiersel
◾60 ml (30 g) versiersuiker
◾15 ml kakaopoeier
◾5 ml sagte margarien
◾paar druppels vanieljegeursel
◾5 – 10 ml laevetmelk
1.Verhit oond tot 170 °C.
2.Meng hawermout, koekmeel, semels, klapper, kakao, bakpoeier en die helfte van die suiker.
3.Verhit die ander helfte van die suiker, margarien en heuning oor lae hitte tot margarien gesmelt is.
4.Klits jogurt, eier en geursel en roer koeksoda by.
5.Voeg margarienmengsel en jogurtmengsel by die droë bestanddele en meng tot ’n klam deeg.
6.Skep deeg in gesmeerde 30 x 20 cm-koekpan, maak gelyk en druk liggies vas in pan.
7.Bak vir 30 minute, verwyder uit oond, sny in 32 blokkies en plaas terug in oond vir 10 tot 15 minute. Skakel oond af en laat pan vir nog 30 minute in oond.
8.Versiersel Sif versiersuiker en kakaopoeier saam en klop bietjie-bietjie by sagte margarien. Geur met vanieljegeursel en voeg net genoeg melk by om ’n loperige versiersel te vorm. Drup versiersel oor afgekoelde koek.