Wednesday 5 February 2014

Turkse lekkers




Turkse lekkers

Lewer omtrent 50 blokkies...

30 ml (2 e) gelatien
60 ml (¼ k) water

500 ml (2 k) suiker
30 ml (2 e) mielieblom
200 ml (¾ k) water
3 ml (½ t) rooswater
’n druppel rooi kleursel

30 ml (2 e) versiersuiker
30 ml (2 e) mielieblom

Metode

1 Week (so 5 min) die gelatien in die water.
2 Meng die suiker en mielieblom in ’n kastrol. Voeg die 200 ml water by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
3 Kook sowat 5 minute oor stadige hitte. Verwyder van hitte en voeg die rooswater, kleursel en gelatien by.
4 Gooi uit in ’n gesmeerde bak of pan van omtrent 14 x 23 cm. Laat staan vir sowat 8 uur of tot styf en sny dan in blokkies, omtrent 2 cm in grootte. Rol in mengsel van gelyke dele versiersuiker en mielieblom.
5 Bêre in ’n lugdigte houer vir omtrent 2 weke.