Wednesday 5 February 2014

Sjokolade fudge vierkante




Sjokolade fudge vierkante...

250 g botter of margarien
500 g versiersuiker
100 ml kakao
2 eiers
2 pakkies Mariebeskuitjies


Mikrogolf botter vir 90 sekondes tot gesmelt. Sif versiersuiker en kakao by gesmelte botter. Klits eiers en voeg by mengsel. Mikrogolf vir 2 minute. Breek Mariebeskuitjies in kleiner stukkies en meng met kakao mengsel. Skep dit in ‘n vierkantige koekpan, laat afkoel en sny in 3 cm vierkante.