Tuesday 11 February 2014

Raad vir Muise en rotte in en om die huis

As jy 'n plaag van muise en/of rotte by die huis het;  hier is raad:

Muise hou nie van die reuk van pepperment nie.  Neem dus wattebolletjies en gooi peppermint druppels (essential oil) oor die wattebolletjies en plaas die bolletjies in muisgate, hoeke van die vertrek of naby vensters waar die muise aktief is.  Jy kan hierdie olie ook meng met water en dit dan oral spuit, maar jy moet elke 3 dae spuit om seker te maak die reuk is nog sterk en aktief.  Ek het ook al die raad gekry van pepperment plante in jou tuin, maar hier moet ek erken dat die rot al om my pepperment plant al gekuier het.  (Ek dink die reuk van die plante op hul eie is dalk nie sterk genoeg nie.  Tensy jy dalk daagliks die blaartjies kneus om die reuk vry te stel.)