Thursday 13 February 2014

'n Bokslokomotief




'n Bokslokomotief
Maak speelgoed uit bokse

Jy benodig:
Twee reghoekige bokse
Sterk maskeerband
Wit akrielverf
Rooi akrielverf
Swart akrielverf
Kartonsilinder
‘n Groot handskêr
Gom

Metode:
1. Vou die twee boks toe aan die onderkant en plak albei die onderkante toe met maskeerband.
2. Plaas die een boks plat op die grond en maak die ander boks binne-in regop staan sodat die twee (die plat boks horisontaal en regop-boks vertikaal) reghoekig inmekaar pas
3.Gebruik die skêr en sny die flap van die onderste boks in die middel af en dan aan weerskante van die boks af en hou dit eenkant.
4.Sny ook die boonste flappe van die boks af wat regop staan en hou dit eenkant.
5.Sny ‘n deur aan die agterkant van die onderste boks wat jou kind sal toelaat om in en uit die trein te kan beweeg.
6.Sny vensters aan die voor- en sykante van die boks wat regop staan.
7.Lig die flappe van die onderste boks op en maak die gaping bo-op toe met een van die flappe wat jy eenkant gebêre het.
8.Plak die gaping met die maskeerband toe. Dit sal dien as die trein se enjin.
9.Maak seker die res van die trein is aanmekaar geplak met die maskeerband.
10.Nou kan jy die trein eers met ‘n laag wit akrielverf verf en dan laat droogword.
11.Verf die trein daarna met ‘n paar lae van die rooi akrielverf. 
12.Terwyl die trein besig is om droog te word, kan jy die afval stukke karton bymekaarmaak. Gebruik ‘n piering om sirkels te trek en dit dan uit die los stukke karton te knip.
13. Verf die sirkels swart met die swart akrielverf en laat dit eenkant staan om droog te word.
14. Verf die kartonsilinder ook swart en laat dit droog word.
15.Maak ‘n gat in die middel van die enjin-deel en plaas die swart kartonsilinder daardeur om as die stoompyp te dien.
16.Jy kan nou die swartgeverfde sirkels gebruik en dit aan weerskante van die trein met die gom plak om as die wiele te dien.