Monday 3 February 2014

Mynhardt en Tiaan se Keiserslaai, Milies, Steak en Salsa




Keiserslaai
Voorbereiding: 45 minute
Bestandele:
• 2 pakke 'baby gem' slaai blare, gewas
• 3 eier gele
• 1 eetlepel korrel mostert
• Sap van 1 suurlemoen
• Knippie sout
• 250ml sonneblomolie
• 50g fyn gerasperde parmesan kaas
• 1/2 k jogurt
• 5 ansjovis filette, fyn gekap

Voeg die eiergele, suurlemoensap, mostert en sout saam en klits. Gooi nou 'n dun straal olie by terwyl jy klits tot als bygevoeg is, gooi nou die kaas, ansjovis en joghurt by en roer goed deur. Hou koel in die yskas tot voor bediening.

Die Mielies
• 5 vars mielies in 3 gesny
• 15 repe spek
• Tandestokkies
• Knoffelbotter

Kook die mielies tot gaar en draai nou 'n reep spek om elkeen. Steek dan vas met 'n stokkie en braai oor warm kole tot die spek bros braai. Verf gereeld met die botter.

Spoel die blare in yskoue water af, skud goed uit, plaas op 'n lekker groot bord en bedek die blare in genoeg slaaisous en sit voor saam met die mielies en ansjovishappies.

Steaks en salsa
'n Mens kan nie veel verkeerd doen as jy 'n goeie gehalte vleis het nie. Maak seker die vleis het vir lank genoeg verouder en moet dit nie te gaar maak nie.

• 300g rib eye steak per persoon
• Sout en peper na smaak
• Bietjie olie

Salsa
Die resep is vinnig en maklik om aanmekaar te slaan. Sit 'n bietjie vars rissies by vir 'n ekstra skop en enige lekker seisonale toevoegings.

• Hand vol basilliekruid
• 500g klein rosa tamaties, in die helfde gesny
• Vars pietersielie en koljander gekap
• 2 rooi uie, baie fyn gesny
• 1 suurlemoen se sap en skil
• Knippie growwe swart peper en sout

Meng alles saam en hou in die yskas tot net voor opdiening.

Mens kry deesdae pragtige kleure wat heerlik smaak, probeer ook sommer jou eie groei!

Vir die braaislag!
Maak 'n baie warm vuur en sodra jou kole reg is, smeer die vleis met olie, sout, peper . Braai eers aan die een kant vir sowat 3 minute en draai om. Braai verder vir nog sowat 3 minute. Haal af en laat rus vir sowat 5 minute. Gooi hulle weer terug voor opdiening om deur warm te word en bedien met die vars salsa.