Monday 24 February 2014

Mango en Litchi konfyt


Litchi

Mango


Lana van Helsdingen
Het nog nooit Mango en Litchi konfyt gesien op rakke nie en toe maak ek dit self. Ek het voor dit Moerbei, Piesang, Vye, Koejawel en glippertjie konfyt gemaak. Heerlik.
My ma se resep was baie maklik, dis hoekom ek net wil konfyt kook van alles. Sny jou vrugte op in 'n bak. (Onthou om pitte van glippertjies uit te haal) Dieselfde hoeveelheid vrugte wat jy gebruik is dieselfde hoeveelheid suiker wat jy gebruik. Gooi in jou pot en begin kook. Onthou om altyd bietjie suurlemoensap in te gooi om te keer dat die konfyt sandsuiker. Hou aan roer vir 35 min. Dit moet lekker borrel vir 35 min. Nie te hoe temperatuur nie anders brand dit. My Mango het ek presies so gekook maar die Litchi het ek die sap ook gebruik en dit omtrent 55 min gekook om styf te word. As jy nie die Litchi (het vars Litchi gebruik) sap wil gebruik nie kook dan net 35 min soos die ander. Vir die piesang het ek egter om dit lekker karamel geur te gee met bruinsuiker, bietjie kaneel en natuurlik bietjie suurlemoensap gebruik en ook 35 min gekook. Laat jou konfyt afkoel. My ma het dit nie warm gebottel nie en ek doen ook nie, sodoende kan jy plastiek bottels gebruik. Dan sit ek al my konfyte in yskas en het konfyt wat nou al 1 jaar oud is en nie sandsuiker is nie en nog heerlik vars.As jou konfyt koud is en jy vind dit te styf na jou smaak gooi bietjie kookwater in tot jy die regte smeereffek het. Geniet dit.
 
Ek het nooit want ek het gedink dit is teeeee moeilik, maar toe ek my ma wat bobaas bakster was se maklike resep doen mense nou kook ek konfyt dat die biesies bewe. Die piesang het nogal mense hier aan die lus gehad want die karamel smaak was heeerlik en hulle wou ook die resep het. So maklik. Begin dan se jul my van julle sukses konfyte. Onthou moenie water in die begin by jou resep gooi nie net as jy as dit afgekoel het sien dis bietjie dik vir jou smaak gooi dan bietjie kookwater in totdat jy die regte dikte vir jou het...blessings..Onthou ook moenie die pot los en wegloop nie. Jy MOET dit aanhou roer vir 35 min. ...