Tuesday 11 February 2014

Gehekelde doilies vir flesdeksels




Gehekelde doilies vir flesdeksels

Jy kan dié flesse gebruik om jou koekies en lekkers in te hou, of pak mooi lint en eetgerei daarin. Van die flesse kan as naaldwerkbottel gebruik word, met die speldekussing bo-op; dit is ’n slim manier waarop jy iets kan uitstal en dit het meer as een gebruik.


Afkortings
beg                  begin
dies                 dieselfde
dsl                   dubbelslagsteek
gls                   glipsteek
her                  herhaal
hlb                  halwe langbeen
kb                    kortbeen
ks                    kettingsteek
lb                     langbeen
pat                  patroon
rdte(s)                        rondte(s)
sp                    spasie
st(e)                steek(steke)
vermeer         vermeerder
vlg                   volgende
Jy benodig
• 50 g-bol Elle Crochet No. 5 in wit kleur no. 001 en naaswit kleur no. 105
• 2 mm-hekelpen
• inmaakflesse
Verwante artikel: Speldekussing-fles
So maak jy

Patroon 1
Met 2 mm-hekelpen, hekel 10 ks, gls in 1e ks om ’n ring te vorm.
1e rdte: 4 ks, 23 dsl in ring, gls in 4e ks aan beg van rdte.
2e rdte: * 8 ks, slaan 2 dsl in vorige rdte oor en hekel kb in 3e dsl *; her van * tot * 6 keer, 8 ks, gls in 1e ks aan beg van rdte.
3e rdte: hekel 2 gls, (2 ks, lb, dsl, lb, hlb) in lus, 3 ks, * (hlb, lb, dsl, lb, hlb) in vlg lus, 3 ks *; her van * tot * 6 keer, gls in 2e ks aan beg van rdte.
4e rdte: hekel 2 gls, * 20 ks, kb in vlg dsl van vorige rdte *; her van * tot * 7 keer, gls in 1e ks aan beg van rdte.
Patroon 2
Met 2 mm-hekelpen, hekel 7 ks, gls in 1e ks om ’n ring te vorm.
1e rdte: * 8 ks, kb in ring *; her van * tot * 4 keer, 8 ks, gls in 1e ks aan beg van rdte.
2e rdte: hekel 2 gls, 4 ks, 3 dsl in lus, 5 ks, * 4 dsl in vlg lus, 5 ks *; her van * tot * 4 keer, gls in 4e ks aan beg van rdte.
3e rdte: 4 ks, (dsl in elk van vlg 3 dsl van vorige rdte) saamgetrek, 15 ks, * (dsl in elk van vlg 4 dsl) saamgetrek, 15 ks *; her van * tot * 4 keer, gls in 1e ks aan beg van rdte.
4e rdte: hekel 7 gls, * 20 ks, kb in vlg lus *; her van * tot * 4 keer, 20 ks, gls in 1e ks aan beg van rdte.
Patroon 3
Met 2 mm-hekelpen, hekel 20 ks, gls in 1e ks om ’n ring te vorm.
1e rdte: 4 ks, 3 dsl saamgetrek in ring, 8 ks, * 4 dsl saamgetrek in ring, 8 ks *; her van * tot * 6 keer, gls in 4e ks aan beg van rdte.
2e rdte: 3 gls, 3 ks, 2 lb in lus, 12 ks, * 3 lb in vlg lus, 12 ks *; her van * tot * 6 keer, gls in 3e ks aan beg van rdte.
3e rdte: hekel 8 gls, * 15 ks, kb in vlg lus *; her van * tot * 6 keer, 15 ks, gls in 1e ks aan beg van rdte.
Afwerking Ryg ’n dubbele lengte hekelgare deur die buitenste lusse van elke motief. Weef los garepunte weg en knip oortollige gare af. Bind ’n motief oor elke dekselplaatjie van elke fles. Skroef die buitenste ring oor die plaatjie vas.


(Idees)