Wednesday 5 February 2014

Framboos Hartjie Koekies




Framboos Hartjie Koekies:...

BESTANDDELE
½ koppie framboos konfyt
½ koppie versiersuiker en ekstra om bo-oor te strooi
1 koppie strooisuiker
2 koppies meel
¼ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
½ teelepel vanielje geursel

12 teelepels ongesoute botter
1 groot eier
1 eier wit

METODE
1.Voorverhit die oond tot 180°C en plaas gesmeerde wakspapier in ’n bakpan.
2.Kombineer die bakpoeier, meel en sout en meng goed.
3.Meng die botter en strooisuiker totdat dit lig en donsig is.
4.Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng goed.
5.Voeg een eier en die vanielje geursel by die mengsel.
6.Bedek die deeg met kleefplastiek en plaas dit vir 15 minute in die yskas.
7.Strooi meel op jou werksoppervlak en rol die deeg uit.
8.Sny vormpies uit die deeg met ’n koekiedrukker en sny dan hartjievormige patrone uit ’n derde van die koekie.
9.Plaas die hartjievormige koekies bo-op die ronde koekies en vul dit met framboos konfyt.
10.Plaas al die koekies op ’n bakplaat, bak vir 8 tot 10 minute en laat dit afkoel.
11.Meng die versiersuiker met die eierwit totdat dit ’n dik mengsel vorm. Gebruik die mengsel om die koekies aan mekaar te plak en strooi versiersuiker daaroor.