Wednesday 29 January 2014

yskoue ysies




yskoue ysies

Lewer 6 ysies van elke geur

Grendella-ysies 2 grenadellageur-Yogi Sips...
Cream soda-ysies 750 ml (3 k) Cream Soda-koeldrank
Bessie-ysies 2 gekoopte bessie-smoothies
Granaat-ysies 750 ml (3 k) granaatsap

Giet die Yogi Sip/koeldrank/smoothie/sap in ysievorms, sit die deksel op en vries 3-4 uur.
Doop die vorm ’n paar sekondes in warm water, laat die ysie uitgelip en
geniet dit.

Wenke
Meng die geure deur twee van ’n geur in een ysie te kombineer – onthou net dat die eerste geur moet vries voor die tweede een bygevoeg kan word.
Maak jou eie bessie-smoothie: Maak 150 g aarbeie, 125 ml (½ k) bevrore of vars frambose, 60 ml (¼ k) vanieljejogurt en 15 ml (1 e) esdoringstroop saam fyn.
Julle kan ook enige vrugtesap behalwe pynappelsap vries om ’n eenvoudige ysie te maak. Of vries verskillende vrugtesappe lagie vir lagie om ’n kleurryke ysie te vorm.
Maak ystee-ysies.
Maak dieetysies deur ’n dieet-aanmaakkoeldrank te vries.
Maak vir ma en pa ’n aangeklamde weergawe deur alkohol by die ysie te voeg – Pimm’s is die gewildste vrugte-ysie-bestanddeel, en vonkelwyn werk ook goed.