Tuesday 28 January 2014

Tuin nostalgie

Daar het vandag 4 duiwe in my tuin kom sit en daar het hul hul vere in die son reg gepluk.
Gebad in die wind.
Die kraan is vas gebind en die hek by my tuin se bek hang oop en is geroes.
My tuin is tog my heiligdom
‘n skatkis vol tyd
Die windpomp staan ook skeef en krom die sement dam is gebreek.
Die graaf teen die kweperboom het eens gespit die leivoor le vol blare die plavei kort ‘n herrangskik.  Mense glimlag klein vir die goeters in my tuin en die hoenderhok se drade kom al lankal kort.
In my tuin
(Dozi)