Monday, 13 January 2014

SPINASIESKYWE




SPINASIESKYWE

JY BENODIG
2 koppies meel
½ teelepel sout
30g botter, gekap
60ml druiwepitolie
½ koppie warm water
450g spinasie of jong spinasie
wit gedeelte van 1 prei, gekap
heel neutmuskaat
1 teelepel dille, fyngekap
200g feta, gekrummel
3 eiers, geklits
1 eetlepel gedroogde broodkrummels
grofgemaalde swartpeper
2 eetlepels druiwepitolie
METODE
Sif meel en sout saam, vryf botter in met vingers. Vryf olie in. Maak holte in die middel van beslag en gooi warm water stadig by. Meng met ander hand (beslag hoef nie glad te wees nie). Bedek met plastiek en plaas in yskas vir 1 uur. Was spinasie en breek
in stukkies en droog op kombuisdoek. Plaas in mengbak en meng met prei, dille, feta, eiers, broodkrummels en olie. Rasper tikkie neutmuskaat by. Geur met peper. Rol net meer as helfte van deeg uit tot groot genoeg om bodem en kante van medium vierkantige
of reghoekige oondbak te bedek. Voer liggies gesmeerde oondbak met deeg. Skep spinasie bo-op en maak gelyk. Rol res van deeg uit en bedek spinasie (sny orige deeg af met messie). Verf met ‘n klein bietjie ekstra olie. Merk deeg liggies met skerp messie in vierkante of diamantvorms. Maak twee gaatjies om stoom te laat ontsnap. Bak in oond teen 180˚C vir 45 minute of tot goudbruin. Keer uit op draadrak om af te koel. Sny in skywe. Bedien warm of teen kamertemperatuur.