Monday, 13 January 2014
HOENDERFILETTE MET KERRIEMAYONNAISE
HOENDERFILETTE MET KERRIEMAYONNAISE
JY BENODIG
12 hoenderborsies, ontbeen en sonder vel
2 eetlepels druiwepitolie
sap van 1 suurlemoen
seesout
grofgemaalde swartpeper
tikkie neutmuskaat
6 eetlepels druiwepitolie
4 teelepels kerriepoeier
2 uie, gekap
½ koppie witwyn
2 tamaties, geskil en gekap
2 eetlepels bruinsuiker
seesout
4 eetlepels gewone jogurt
¾ koppie goeie mayonnaise
METODE
Verhit olie, uie en kerriepoeier in groot pan. Roerbraai tot uie sag is. Voeg wyn, tamatie en suiker by, laat prut vir 5 minute. Verwyder van hitte en geur met sout. Verkoel en roer jogurt en mayonnaise by. Bedien met vars koljander. Sny hoenderborsies tot dun filette. Verhit olie in pan. Plaas hoender in groot pan en besprinkel met suurlemoensap. Geur met sout, peper en neutmuskaat. Braai tot goudbruin aan albei kante. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bedien met kerriemayonnaise.