Wednesday 29 January 2014

Soet boere-kerrie hoender



Lourens de Lange
Soet boere-kerrie hoender

HOENDER
250 ml (1 k) koekmeel
15 ml (1 e) kerriepoeier...
sout en peper na smaak
10 hoenderstukke (dye en
boudjies)
3 uie, gekap
2 groenrissies, gekap
375 ml (1½ k) sultanas
SOUS
125 ml (½ k) tamatiesous
125 ml (½ k) blatjang
125 ml (½ k) braaivleissous
125 ml (½ k) water
Voorverhit die oond tot 200 °C.

HOENDER
1. Meng die meel, kerriepoeier en sout en peper en rol die hoender daarin.
2. Meng die uie, rissies en sultanas.
3. Skud die oortollige meel van die hoender af en pak lae van die uiemengsel en hoender in ’n oondbak. Eindig met uie.
4. SOUS Meng al die bestanddele vir die sous en giet oor die hoender. Maak seker die hoender is heeltemal bedek.
5. Bak die hoender 45 minute of tot goudbruin en gaar.
6. Sit warm voor met rys en gebakte pampoenskywe.

Wenke
Sny oortollige vet van die hoender af.
Skud die meel goed af en maak seker die hoenderporsies is goed met sous bedek, anders is daar droë meel tussen die lae hoender.