Monday, 20 January 2014

Penne Carbonara




Penne Carbonara
Lewer 2 porsies
Gaarmaaktyd: 20min

200g Penne pasta
1/2K sprietuie
125g spek
3 knoffelhuisies, gepers
60ml suurlemoensap

70ml witwyn
140ml room
Parmesan, sout en peper  na smaak

Kook die pasta tot al danté. Braai die knoffel, spek en sprietuie in ’n bietjie botter tot gaar. Voeg die suurlemoensap en witwyn by en kook totdat vloeistof halveer het. Haal van die plaat af en roer die room in. Roer by die pasta in en voeg sout en peper en gerasperde parmesan by.