Wednesday 22 January 2014

Lensie-herderspastei




Lourens de Lange
Lensie-herderspastei

VULSEL
750 ml (3 k) warm water
250 ml (1 k) rooi lensies...
15 ml (1 e) botter
1 ui, gekap
2 selderystingels, gekap (opsioneel)
1 brandrissie, fyn gekap
1 lourierblaar
½ botterskorsie, geskil en in klein blokkies gesny
1 blik (410 g) gekapte tamaties
30 ml (2 e) tamatiepasta
5 ml (1 t) suiker
1 blik (410 g) bruin lensies gedreineer en afgespoel
sout en peper

BOLAAG
6 aartappels, gekook en geskil
30 ml (2 e) melk
60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas
sout en vars gemaalde swartpeper
1. Vulsel Giet water oor die lensies en laat week sowat 15 minute.
2. Plaas intussen die botter, ui, seldery, brandrissie en lourierblaar in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 5 minute.
3. Voeg die botterskorsie en lensiemengsel by en mikrogolf tot die lensies sag is, sowat 15 minute.
4. Voeg die res van die bestanddele by, geur met die sout en peper en mikrogolf nog 5 minute tot geurig en warm.
5. Bolaag Maak al die bestanddele saam fyn (hou ’n bietjie parmesaankaas uit) en geur met die sout en peper.
6. Skep die vulsel in ’n bak en smeer die bolaag oor. Mikrogolf tot warm, sowat 3 minute. Skroei die bolaag effens met ’n blaasvlam en sprinkel die orige kaas oor.