Sunday 19 January 2014

Krummel Appeltert




Dianne Ten Haaf

Ek het die volgende vir die kors gebruik:
2 k koekmeel
1½ k suiker

2t bakpoeier

½ t sout
250g botter
Meng al die droë bestanddele en vryf die botter in en meng tot 'n sagte deeg. Laat dit een uur rus en druk helfte in 'n tertbak vas. Meng een groot blik tert appels met 75g rosyne en so 10ml fyn kaneel. Ek gebruik gewoonlik gemengde speserye maar het nie gehad nie. Gooi bo-op tertkors en krummel die res van die deeg bo-oor. Bak vir 20min op 180 grade