Friday 17 January 2014

AMARULA KOEK




AMARULA KOEK
 
 
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag:
 
1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.

2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.

3. Sif res van droe bestanddele by en meng goed.

4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon
uitkom.

Stroop:
 
1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg
Amarula by. Roer goed.

2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi
warm stroop oor.

Versier:

1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer
karamelkondensmelk en styf geklopte room oor. 2. Versier met Flake indien verkies
(nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek
wat lekker klam bly.