Wednesday 29 January 2014

Keker-ertjie-slaai met tamaties, olywe en kruie



Keker-ertjie-slaai met tamaties, olywe en kruie

Genoeg vir 6 mense

As jy droë keker-ertjies gebruik – gaarmaaktyd: 45 minute; weektyd: 8 uur of oornag...

250 ml (1 k) droë keker-ertjies of 2 blikke (410 g elk) keker-ertjies
60 ml (¼ k) rooiwynasyn
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
500 ml (2 k) kersietamaties, in skywe gesny
1 rooi ui, gekap
125 ml (½ k) olywe, in skywe gesny
125 ml (½ k) vars basilie, geskeur
’n hand vol vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper

1 As jy droë keker-ertjies gebruik, week hulle 8 uur of oornag in koue water. Dreineer die water, sit die keker-ertjies in ’n pot, bedek met water en laat prut ’n driekwartier of tot sag.
2 Plaas die keker-ertjies in ’n bak en meng met 15 ml (1 e) van die asyn en 10 ml (2 t) van die suurlemoensap.
3 Gooi die keker-ertjies in ’n opdienbak en voeg die tamaties, ui en olywe by. Voeg die kruie by en meng.
4 Giet die oorblywende asyn en suurlemoensap in ’n bak en klits die olie vinnig in tot geëmulsifiseer. Giet dit oor die laai. Geur met sout en peper.