Wednesday 29 January 2014

Herderspastei




Lourens de Lange
Herderspastei

1 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny
sout
45 ml (3 e) melk...
30 ml (2 e) botter
15 ml (1 e) olie
1 ui, in klein blokkies gesny
400 g biefmaalvleis
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
30 ml (2 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) worcestersous
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
2 wortels, in blokkies gesny
250 ml (1 k) water
250 g bevrore ertjies
60 g cheddarkaas, gerasper

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer en maak saam met die melk en botter fyn. Sit eenkant.
3 Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui liggies tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot goed verbruin terwyl jy met ’n houtlepel roer om enige klonte op te breek.
4 Sodra die maalvleis verbruin het, roer die meel, beesvleisaftreksel, tamatiepasta, worcestersous en gemengde kruie in en kook 2 minute.
5 Voeg die wortels en water by, bedek en laat prut 20 minute. Voeg die bevrore ertjies by en laat prut nog 5 minute.
6 Skep die maalvleis in ’n oondvaste kasserol, bedek met die kapokaartappel en bestrooi met die gerasperde cheddarkaas.
7 Bak 25-30 minute of tot bo-op goudbruin in voorverhitte oond.