Monday 20 January 2014

Hoenderfrikadelle




Lourens de Lange
Hoenderfrikadelle

6 hoenderborsies, in stukke gesny
4 knoffelhuisies
1 rooi brandrissie...
’n klein hand vol vars koljander
1 eier
80 ml (⅓ k) broodkrummels
sout en peper
30 ml (2 e) olie
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Plaas die hoender in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
3 Vou die res van die bestanddele, behalwe die olie, in en rol die mengsel in balle so groot soos gholfballe.
4 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die frikkadelle 3 minute of tot verbruin. Verplaas na ’n bakplaat en bak 5 minute of tot deurgaar in die oond.
5 Sit voor saam met koolslaai en rogbrood.