Tuesday 3 December 2013

Vrugte-"mince"-pasteitjies




Vrugte-"mince"-pasteitjies
Hierdie pasteitjies is een van my gunsteling-Kersgebak. Met die beskikbaarheid daarvan op ons winkelrakke, word jy verskoon as jy hulle eerder koop. Dis egter baie maklik om te maak en heerlik smaaklik as jy dit self uit die oond haal. Hierdie is 'n maklike variasie van ouma se resep. Dit maak 15 tot 20 pasteitjies.

150 ml vrugte-"mince"
 1 groot eier, geklits
 20 ml strooisuiker
 1 rol skilferkorsdeeg, klaar uitgerol
 50 ml versiersuiker

Metode: Voorverhit die oond op 160°C . Klits die eier en strooisuiker saam en sit eenkant. Gebruik 'n koekiedrukker met 'n deursnee van 5 cm en druk deegsirkels uit. Plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat. Verf die deeg met die eiermengsel. Wees versigtig om nie die eier oor die ran te van die deegsirkels te laat loop nie, want anders sal die deeg nie pof nie. Druk met 'n vurk 'n paar gaatjies in die middel van die deegsirkels om te keer dat die deeg in die middel pof. Plaas nou 'n teelepel vrugte-"mince" in die middel van elke deegsirkel en bak vir 15 tot 20 min. totdat die deeg goudbruin en gaar is. Haal uit die oond en plaas op 'n afkoelrak. Sif versiersuiker oor.
(Die Beeld)