Thursday 12 December 2013

Verskeidenheid vinnige aandetes




Lourens de Lange
Vinnige aandete
Dié variasie op die gewilde soutigheid bly altyd 'n treffer.
3 eiers, geskei
1 blik (390 g) Prima Weense worsies
1 blik (340 g) heelpit mielies
250 ml kaas, gerasper
500 ml vars broodkrummels

Witsous
45 ml botter botter
45 ml koekmeel
500 ml louwarm melk
sout en rooipeper na smaak
Stel oond op 180°C en smeer 'n vuurvaste bak van 180 mm x 300 mm.
Klits eiergele en voeg die eerste vier bestanddele by. Hou eenkant. Maak nou die witsous. Smelt die botter in 'n swaarboom- kastrol en roer die koekmeel met 'n draadklopper by. Voeg die melk geleidelik by terwyl jy steeds klop. Geur na smaak. Voeg die witsous by die eier-worsie-mengsel. Klits die eierwitte styf en vou liggies in. Giet in voorbereide bak en bak sowat 20 - 30 minute.
Lewer ses tot agt ruim porsies.

Noedelgereg
Vinnig en lekker.
500 g maalvleis
1 groot ui, fyn gekap
250 g ontbytspek
1 blik (420 ml) geroomde suikermielies
500 ml gaar noedels
1 blik (425 g) tamatieroomsop
sout en peper na smaak
500 ml gerasperde cheddarkaas

Stel oond op 180°C. Smeer 'n tertbak van 180 mm x 300 mm.
Braai vleis en ui in 'n pan en voeg spek by. Braai nog 'n bietjie tot ui sag en vleis gaar is. Voeg die suikermielies, noedels en sop by en geur. Skep in voorbereide bak en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak in voorbereide oond tot kaas gesmelt is.
Wenk: Jy kan die kaas met die helfte verminder en dus net 250 ml gebruik.
Vou dan eers dié kaas in die mengsel en sprinkel dan 'n halwe ring fetakaas (gekrummel en gemeng met bietjie vars broodkrummels) bo-oor.
Voeg gerus ook bietjie vars gekapte pietersielie by vir ekstra geur en kleur.

VINNIGE BRAAIBROODJIES:
Sampioen braai brood

Benodighede:
Swartsampioene
Uie
Kaas
Witsous
Brood
Botter(vir smeer van brood)
Sout en peper na smaak.

Metode:
Smeer snytjiesbrood botter. Braai uie en sampioene tot goudbruin. Maak witsous (gewoone met melk en koekmeel) redelik duk. Dit moet soos slappap lyk. Meng met uie en sampioene. Skep lekker groot lepelsvol op oopbroodjies. Strooi kaas bo-oor en bak in matige oond tot kaas goudbruin. (Kan ook op vuur gedoen word.)

Variasies:
Aspersiebrood:
Gebruik 1 blik aspersies i.p.v sampioene. sny aspersies net in stukke en meng met witsous.
Spekbrood:
Gesnipperde ontbytspek. Braai lekker bros en meng met witsous.
Groenpeper en tamatiebrood:
Braai gekerfde groenpeper en tamatieblokkies saam met uie en meng met witsous.(heerlik as mens 'n bietjie bladjang byvoeg)
Mieliebrood:
Meng 1 blik mieliepitte met witsous.
Hierdie resep kan mens aanpas met vele meer en net die basis hou, dan kan jy enige iets byvoeg, dis heerliken maklik saam met braaivleis of sommer net vir 'n vinnige middagete broodjie. Ek maak verskillendessoorte en dan kan elkeen kies wat hul van hou.

Vinnige en ligte macaroni aandete of middagete.
Bestanddele:
250 gram macaroni
300 gram gerookte spek
250 gram sampioene
1 ui
sout
peper
2 eetlepels botter/margarien/olyfolie
2 eetlepels koekmeelblom
200 ml melk
300 gram gerasperde kaas (cheddar of ander skerp kaas na smaak)
Metode:
Witsous:
- Smelt die botter/margarien/olyfolie in ’n pot en roer die koekmeelblom en ’n knippie sout by. Meng tot glad
- Voeg die melk stelselmatig by en roer deurentyd oor lae hitte
- Wanneer die sous dik word, voeg 100 gram van die kaas daarby en meng goed
- Voeg sout en peper by na smaak
- Verwyder van die stoof
Uie, spek en sampioene:
- Voorverhit die oond tot 180˚C
- Kook die macaroni tot amper gaar en dreineer
- Kap die ui fyn en braai lig in ’n kastrol
- Sny die spek in klein stukkies (ongeveer 2cm) en voeg by die uie
- Braai vir 2 tot 3 minute
- Sny die sampioene op en voeg dit by die uie. Braai vir nog 2 tot 3 minute
- Voeg die witsous by en verwyder van die stoof
- Gooi die gekookte macaroni in ’n gesmeerde oondbak
- Gooi die uie-, spek-, en sampioensous oor die macaroni in die oondbak
- Strooi die res van die gerasperde kaas oor en bak vir 15 tot 20 minute in 180˚C

Vinnige pizzas

4 pita-brode
300 g mozzarella-kaas, in snye gesny
250 g klein rosa-tamaties, gehalveer
2 wiele fetakaas, in stukke gebreek
hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek
olyfolie
varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 240 °C. Plaas pita-brode op ’n bakplaat. Bak vir sowat 10 minute. Haal uit en sit mozzarella-kaas bo-op elkeen. Rangskik tamaties bo-op en besprinkel met fetakaas en basiliekruid. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor en geur met swartpeper. Bak tot die kaas gesmelt en bruin is.


Vinnige Wors Gebak

Bestanddele
12 Eskort Gold Medal pork Sausages,
omhulsel verwyder en gehalveer
300 g Macaroni, gekook en gedreineer
45 ml Olie
225 ml Gladde roomkaas of Cheddarkaas,
gerasper
260 ml Gewone joghurt
300 ml vars room of Melk
15 ml Engelse Mosterd
1 Groot bos sprietuie, skoongemaak en
fyngekap
3 Eiers, geklits
45 ml parmesaankaas, gerasper
Sout en varsgemaalde Swartpeper
Gesoute Meel vir ’n deegomhulsel
Metode
✔ verhit die oond tot 180º C.
✔ Skep die Macaroni in ’n lig ge-oliede oondvaste skottel en plaas eenkant.
✔ rol die worsies in die gesoute meel en braai in warm olie tot alkante bruin.
✔ voeg die gekapte sprietuie by en braai vir ’n paar minute. roer nou en dan.
✔ Skep die worsies en sprietuie op die gekookte macaroni.
✔ Meng die roomkaas/gerasperde Cheddar met die joghurt, room/melk, mosterd, geklitste eiers, sout en
peper. klits deeglik.
✔ Gooi hierdie eier- en kaasmengsel oor die worsies en macaroni.
✔ Strooi die parmesaankaas bo-oor, bak teen 180º C vir 30 minute of tot gaar en goudbr