Tuesday 10 December 2013

Suurlemoenroom Hoender




Lourens de Lange
Suurlemoenroom Hoender

4 Hoenderborsies effe plat gekap
3 ml Sout
5 ml Vars swartpeper...
15 ml Botter
10 ml Olyfolie
15 ml Tiemie
Skil van 1 suurlemoen
250 ml Room

Metode:
Geur die vleis met die sout en peper. Verhit die botter en olie en braai die vleis daarin. Haal uit en hou eenkant warm. Meng die res van die bestanddele in die pan en prut tot effens gereduseer. Plaas die vleis terug in die pan by die sous en verhit tot deurwarm. Sit voor met groenboontjies en bruinrys.