Wednesday, 18 December 2013

SKAAPTJOPS MET ROOMSOUS




SKAAPTJOPS MET ROOMSOUS

JY BENODIG
12 klein skaaptjops (ek verkies franse snit.)
¼ teelepel paprika
6 eetlepels botter, ekstra botter om brood mee te braai
12 dun snytjies brood
½ koppie soetwyn
1 ¼ koppie crème fraîche
2 teelepels suurlemoensap
seesout
grofgemaalde swartpeper
METODE
Geur tjops met paprika, sout en peper. Verhit 4 eetlepels botter in pan en braai tjops oor hoë hitte. Gebruik ronde drukker of wynglas en druk snytjies brood uit so groot soos tjops. Verhit 1 eetlepel botter in ander pan en braai sirkels brood tot goudbruin. Wissel brood en tjops af en rangskik op opdienbord. Verhit wyn in pan en laat prut tot net 3 eetlepels oor is. Voeg room by en laat prut totdat sous verdik. Roer 1 eetlepel botter by. Roer suurlemoensap by. Geur met sout en peper. Skep sous langs tjops op opdienbord. Garneer met vars tiemie en bedien.