Wednesday, 18 December 2013

OBLIETJIES



OBLIETJIES

JY BENODIG
2 eiers
560ml bruinsuiker
120ml soetwyn
10ml fyn kaneel
500ml koekmeel
250ml botter, gesmelt
METODE
Verhit oond tot 180˚C. Klits eier en bruinsuiker saam. Voeg res van bestanddele by en meng tot sagte koekiedeeg. Rol die deeg in balletjies (ongeveer so groot soos ‘n okkerneut). As jy in oond bak: Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier sowat 3cm uitmekaar. Bak vir 10-12 minute tot goudbruin. Laat afkoel tot hard. As jy ‘n oblietjiepan gebruik: Verhit pan tot warm oor ‘n oop vlam. Spuit goed met kleefwerende kossproei en plaas een balletjie in warm pan. Druk plat en braai vir sowat 1 minuut per kant of tot goudbruin en bros. Laat afkoel tot hard.