Monday 2 December 2013

Pannekoek sonder eiers




Jolene De Klerk

Pannekoek sonder eiers
Bestanddele
250ml koekmeelblom

2ml bakpoeier


2ml koeksoda
1ml sout
450ml water
12.5ml asyn
60ml olie

Metode
Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Meng water, asyn en olie. Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad. Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm. Giet 100ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan. Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.