Monday 2 December 2013

KORTPAD VIS PAELLA




Lourens de Lange
KORTPAD VIS PAELLA
koppie rou rys 5ml borrie
500ml visaftreksel 150g skelvis gaar gestoom in melk
150g stokvis in botter gebraai tot gaar 150g botter
1 pak gemengde seekos (Marinara mix), gebraai in botter en knoffel. (Behou die bottervloeistof)...
250ml bevrore ertjies in mikrogolf verhit vir 3 minute

Kook rys gaar in visaftreksel, borrie en knoffel. Meng gaar rys, gaar gevlokte skelvis en stokvis, gaar seekosmengsel en ertjies, alles deurmekaar. Plaas in opskepbak en stip met botter bo-op. Knoffel kan ook bygevoeg word. Gooi melk waarin skelvis gaar gemaak is en bottervloeistof van seekosmengsel bo-oor. Plaas foelie oor en bak vir 45 minute by 160C. Roer deur voor, voorgesit word. Sit voor met slaai.