Tuesday, 10 December 2013
Pampoentert Resepte
Noline Kruger
... hier is n ou staatmaker resep van my jy kan dit tot saam met braaivleis eet Pampoen pastei
1kg Pampoen
3 Etl water
1 Etl botter
1 en half Tlp kaneel
Sny pampoen op in skywe/blokkies plaas in gesmeerde bak gooi kaneel botter en water oor en laat bak vir 1 uur by 180 grade
160ml meel
125g botter
50ml suiker
1 eier geklits
160ml melk
5ml bakpoeier
Knippie sout
Room botter en suiker en klits eier by Voeg res van bestandele by en gooi oor gaar pampoen Bak vir n verdere 30 min by 180 grade 2 Etl botter N halwe koppie heuning of stroop Smelt saam in mikrogolf / kook saam en gooi oor pastei sodra dit uit die oond kom
Alida van der Linde
Murgpampoentert....Ek gebruik skorsies indien ek nie Murgpampoen het nie...
¾k suiker
2 e botter
2 eiers
5ml sout
1k bruismeel
500g geskilde, grofgerasperde murgpampoen
Verhit die oond tot 180º en smeer bak met volume van 1,5liter. Klits die suiker, botter of margarien,
eiers en sout saam tot goed gemeng. Voeg eers die bruismeel by en meng, en daarna die
murgpampoen. Skep die mengsel in die bak. Bak dit 45 min tot bruin. strooi pypkaneel....eet sommer een op en vries ook goed.
Alida van der Linde
Pampoentert...
3k gaar botterskorsie/pampoen(koud )
3 eiers, 1k koekmeel , knippie sout, 125g botter. 1k suiker ,3t bakpoeier, 1t vanilla. room botter suiker en eiers. Voeg res by. Vanilla en bakpoeier laaste by. bak 30-40 min 180º. Strooi kaneel oor....