Tuesday 10 December 2013

Idees met Brooddeeg




Toutrek Kaasrolletjies

Heerlik vir Braaivleis...

1 pakkie deeg - supermark
kaas in blokkies gesny
1 eier geklits

koppie suurroom
1/2 koppie bruinsuiker

Maak die deeg bolletjies, vou blokkie kaas binne in toe
Gooi helfte van die suurroom onder in pan, strooi bruinsuiker op... rangskik die bolletjie mooi tot pan vol is, gooi ander helfte suurroom oor.
Smeer liggies met geklitste eier
Bak by 180 g vir + - 20 min tot goudbruin

Bedien warm...laat elkeen die broodjie tou-trek uitmekaar...!!



Susan Wassenaar

Mens kan ook daai velle deeg vat en lekker smeer met mosterd, gerasperde kaas en spek stroke. Rol toe en sny in wiele of soos koeksusters, smeer met eier & melk. Bak 20 minute op 180 - heerlik saam daai Wellingtons se spicy chilly sous


Marese Van Zyl

Ek meng 'n blik kondensmelk met 'n houertjie room, vorm balletjies en pak in pot, gooi helfde oor en bak, wanneer gaar is gooi res van die sous oor. Is njammies.