Thursday 5 December 2013

Koffie Crème Brûlée





Koffie Crème Brûlée

100 ml dubbeldik-room
100 ml volroommelk
2 tot 3 e koffielikeur
2 groot eiergele

25 g strooisuiker
1 e demerarasuiker (bruinsuiker)

Voorverhit die oond tot 140°C en plaas ’n vlak oondbestande opdienbak met ’n inhoudsmaat van sowat 400 ml op ’n bakplaat.
Verhit die room en melk saam in ’n klein pan tot naby kookpunt – klein borrels behoort aan die kante te vorm. Verwyder die pan van die hitte en meng die koffielikeur na smaak by.
Meng die eiergele en strooisuiker saam in ’n medium, hittebestande bak. Meng die warm roommengsel geleidelik by, giet dit dan in ’n beker.
Skink die mengsel in die opdienbak en bak in die oond vir 20 tot 30 minute of tot die vla net begin set. (Tik liggies teen die skottel – die vla behoort verleidelik te skommel!) Laat dit heeltemal afkoel en verkoel dan vir minstens 4 ure.
Vir opdiening, voorverhit die roosterelement op medium. Strooi die bruinsuiker in ’n egalige laag oor die afgekoelde vla,
rooster dan vir 2 tot 3 minute of tot die suiker gesmelt en gekarameliseer het. Laat afkoel en verkoel vir 10 minute voor opdiening.