Tuesday 17 December 2013

KITS MIELIEBROODJIE




KITS MIELIEBROODJIE
1 pak Bruismeel (500g)
5 ml sout (1t)
1 blik geroomde suikermielies (410g)
2 eiers
60 ml Melk (1/4 kop)
25 ml Kookolie (2e)
Metode:
Stel oond op 190°C
Smeer 'n kleinerige broodpannetjie
Sif Bruismeel en sout saam
Voeg die suikermielies by
Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg dit ook by
Sny mielies en vloeistof met 'n mes in tot goed gemeng
Skep deeg in pan, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 min of tot deurgebak
Gesny en met botter gesmeer is die broodjie baie lekker saam met braaivleis

(Bak jou broodjies in klein blombakkies, gee dan vir elke gas sy/haar eie broodjie)