Tuesday 10 December 2013

Hoender Breyani




Lourens de Lange
Hoender Breyani

Bestanddele
2kg Hoenderstukke
2k rou rys (wit of bruin)...
100gr rou bruin lensies
2 groot uie geskil en in ringe gesny
Kerrie poeier na smaak + 25-50ml
50ml Masala
25ml Jeera
25ml Koljander
Sout na smaak
5ml Borrie

Metode
Kook hoender tot gaar, ontbeen en vlok.
Braai uie in bietjie botter to verkleur.
Meng al die speserye en braai verder met uieringe.
Gooi rys by en braai verder.
Neem hoender aftreksel en gooi by mengsel. Gooi water todat rys bedek is. Prut op bae lae hitte tot rys gaar is. Roer voortdurend sodat dit nie aanbrand nie.
Kook intussen lensies apart tot net begin sag word – gooi water af.
Voeg hoender en lensies by rysmengsel sodra die rys feitlik gaar is.
Roer goed deur. Voeg bietje Chutney of Sweet Chillie sous na smaak by.
Voeg 410gr blikkie ertjies (water afgegooi) by.
Sit deksel op.
Sit plaat af en laat prut tot plaat koud is.
Hierdie gereg is op sy beste indien dit oornag in die yskas gestaan het sodat die geure kan “trou"