Tuesday 10 December 2013

Brownies




Brownies

Jy benodig:

•1 koppie botter of margarien
•1 koppie witsuiker
•1 koppie klam bruinsuiker (melasse)
•6 opgehoopte eetlepels kakao
•1 teelepel sout
•1 teelepel vanieljegeursel

•4 eiers
•1 koppie koekmeel
•versiersuiker om bo-oor te sif

Só maak jy:
1.Smelt die botter in ’n pot op die stoof en haal dit van die plaat af.
2.Gooi al die ander bestanddele by en meng dit tot glad.
3.Skep die beslag in ’n vierkantige koekpan wat goed gesmeer en met meel bestrooi is.
4.Bak die brownies vir 15-20 minute teen 180°C.
5.Haal die pan uit die oond, laat dit afkoel en sny dit dan in blokkies.