Bavarois / Beierse room / Bavarois a la crème
Bavarois is ’n ryk vla wat met room gemeng en met gelatien gestol word.
250 mℓ melk
1 vanillaboontjie of 3 druppels
vanillageursel3 eiergele
15 mℓ gelatien, geweek in 30 mℓ koue water
30 mℓ strooisuiker
250 mℓ room
Skaldeer die melk met die vanillaboontjie en laat ’n rukkie trek.
Indien jy vanillageursel gebruik kom dit eers later by.
Room die eiergele en suiker saam tot dit lig in tekstuur is.
Gooi die melk oor die
eiermengsel (onthou om die boontjie te verwyder).
Plaas die mengsel in ’n kastrol
en roer oor lae hitte tot die vla aan die lepel begin kleef.
Gooi die vla in ’n mengbak en
roer die gelatien by tot opgelos. Laat dit afkoel.
Indien jy vanillageursel gebruik
gooi jy dit nou by.
Klits die room effens met ’n
draadklitser / vurk.
Plaas die vla terug in die
kastrol en plaas die kastrol in ’n kom koue water met ysblokkies. Roer die
mengsel stadig tot dit egalig dik word.
Vou die geklopte room by.
Gooi die mengsel dadelik in die
vorm waarin jy dit gaan bedien. Plaas ’n bord bo-op en hou in die yskas tot dit
gestol het.