ASPERSIE TERT 
 Kors:
 Klits saam 1/ 2 koppie olie en 2 eetlepels melk
 Voeg by: 1 1/ 4 koppie meel en 1 teelepel sout
 Meng goed en voer gesmeerde pyrexbak daarmee uit. [of jou klein muffinpannetjies]
 Vulsel:
 1 Blikkie aspersiesnippers
 1 koppie melk
 1 koppie gerasperde kaas
 2 eetlepels botter
 2 eiers
 Sout na smaak
 METODE: Pak `n lagie aspersies, lagie kaas – herhaal en eindig met kaas. Gooi die mengsel van geklitste eier, melk en sout bo-oor. Sit stukkies botter bo-op. Bak in 350 F oond vir plus minus half – tot driekwart uur, tot ligbruin.[
 
